Die Knie Kliniek is meer as twintig jaar gelede deur Dr Spike Erasmus gestig. Die kliniek is ‘n ISAKOS geakkrediteerde internasionale opleidings sentrum. Ongeveer 800 knie chirurgiese prosedures word jaarliks persoonlik deur Dr Erasmus uitgevoer. Onder andere knie artroskopie, meniskus herstel, artikulere kraakbeen chirurgie (mikrofraktuur, mosaiekplastie en outogene kraakbeen oorplanting), ligament herstel en rekonstruksie, ledemaat herbelyning (hoë tibiale osteotomie en distale femorale osteotomie) uni kompartementele knie vervanging, patellofemorale knie vervanging, primere en revisie knie vervanging. Dr Erasmus gebruik die nuutste tegnologie, insluitend robot –geassisteerde chirurgie, rekenaar – geassisisteerde chirurgie, pasient-spesifieke instrumentasie, asook konvensionele tegnieke.
DIE SPAN
ORTOPEDIESE CHIRURG
Dr Spike (P.J.) Erasmus

Kwalifikasies
MBChB; MMed (Ortho) Cum Laude - Universiteit van Stellenbosch
Gekose lid van die Kollege van Ortopediese Chirurge van Suid Afrika FC (Ortho)

Lidmaatskap
SAKS (Suid Afrikaanse Knie Vereniging)
SAOV (Suid Afrikaanse Ortopediese Vereniging)
ISAKOS (Internasionale Vereniging vir Artoskopie, Knie Chirurgie en Ortopediese Sport Medisyne): Lid Uitvoerende Raad, Lid Knie Komitee, Lid Ontwikkelings Komitee
IPSG (Internasionale Patella Studie Groep)
ESSKA (Europese Vereniging van Sport Traumatologie, Knie Chirurgie, en Arthroscopy)
EKA (Europese Knie Associates)

Aanstellings
Honorere Konsultant Department van Ortopediese Chirurgie Universiteit van Stellenbosch Mediese Paneel Westelike Provinsie Rugby Unie
Redaksie vir EFORT (Europese Federasie van Nasionale Bevordering van Ortopedie en Traumatologiey)
oop oorsig

Konsultant
Bio-Medical Engineering Research Group (BERG) - Universiteit van Stellenbosch


PRAKTYK BESTUURDER
Rozane Dicks
BSc (Universiteit van Stellenbosch)

KLINIESE BESTUURDER
Albie van Niekerk
BPharm (Pu vir CHO)

SKAKEL BEAMPTE
Louise Erasmus
BVoeding (Universiteit van Stellenbosch)

TEATER/ KLINIESE SUSTER
Patrizia M. Cook
DGNM (Ann Latsky College); Teater tegniek (Far East Rand Hospitaal); Diploma in
administrasie en gemeenskapsgesondheid (Witbank Universiteit van Tegnologie)

VOLTYDSE NAVORSER
KJ Cho
BSc Ingenieur (UCT); MSc Ingenieur (Universiteit van Stellenbosch)